September 2015
RE: Mnr Werner Stolze
Mnr Stolze stem vir die afgelope ongeveer drie jaar die klaviere in die musiekdepartement van Hoƫrskool Waterkloof. Hy het ook die Yamaha vleuel wat op die verhoog staan en redelik verniel was sodanig herstel dat dit weer vir konserte en voordragte gebruik kan word.
Sy tegniese bystand en kundigheid is van hoogstaande kwaliteit, en hy is altyd bereid om terug te kom om klein probleme wat ons mag ervaar op te volg. Hy het ons ook van waardevolle advies bedien wat die vervanging en aankoop van klaviere betref. Sy kennis en ervaring in hierdie veld is onbetwisbaar en ons ervaar hom deurtentyd as uiters professioneel en behulpsaam.
Ek sal hom met vrymoedigheid aanbeveel vir enige instansie.
Geteken
Dr Ronelle Bosman
Departementshoof: Musiek