GETUIGSKRIF: Werner Stolze
Hiermee getuig ek graag soos volg oor Werner Stolze

Werner is reeds vir ‘n hele aantal jaar betrokke by die herstelwerk aan en stem van die klavier byPierneefteater. Aanvanklik is die herstelwerk deur Werner hanteer en sy pa het die klavier gestem en die afgelope twee jaar stem Werner ook die klavier.

Wat my van die begin af opgeval het, is die integriteit waarmee Werner sy werk benader. Hy is ‘neerlike besigheidsman wat sy werk baie ernstig opneem. Sy werk is ook vir hom veel meer as net ‘nmanier waarop hy geld kan verdien. Hy het by meer as een geleentheid kleiner herstelwerk aan die klavier gedoen sonder om daarvoor vergoed te wil word. Hy was ook al by geleentheid bereid om op kort kennisgewing aan die klavier te werk toe dit dringend nodig was.

Ek kan Werner sterk aanbeveel vir enigeen wat gebruik wil maak van sy dienste as klavierstemmer en/of herstelwerk aan klaviere.

Jopie Koen (012)329-0709 072 460 5568