Type: Press Release
Release date: 1 June 2024
Director: Machiel Roets
Theatre: Pierneef Teater
Production name: Pinocchio

Persverklaring:

Machiel Roets, die bekende komponis, liriekskrywer, en musiekregisseur van “Liefling die blyspel,” “Aspoestertjie,” en “Pretville,” is bring binnekort die onweerstaanbare “Pinocchio, ‘n musikale komedie” na die verhoog. Hierdie produksie belowe ‘n meesleurende ervaring vir die hele gesin – ‘n betowerende samevoeging van oorspronklike musiek, humor, nostalgie, en uitmuntende karaktervertolkings deur ‘n uitsonderlike toneelgeselskap. Die geliefde marionet, Pinocchio, behou sy oorspronklike sjarme terwyl hy weer lewe ingeblaas word.

“Pinocchio, ‘n musikale komedie” sal by die Pierneefteater op die planke wees vanaf 14 Junie. Skakel vroegtydig met die teater om hierdie musikale komedie nie mis te loop nie. Dit belowe om gesin vermaak uit die boonste rakke te wees. Soos met ‘n Pantomime word die gehoor deurgaans betrek.

Ons kan met trots aanbied dat Soli Philander met sy ervaring as komediant jou maagspiere van lag te gaan laat werk. Pinocchio word vertolk deur die jong Henrico Grobler van die moot en sy neus graan regtig voor die gehoor groei.

Synopsis:
Sonder kind of kraai besluit die bejaarde Gepetto eendag om ‘n marionet uit hout te skep, Pinocchio gebore! Die skelms, Mario en Gatto, ontdek die naïewe Pinocchio en sien dadelik die potensiaal om uit dié lewendige pop voordeel te trek. Pinocchio vergeet egter die waarskuwing van die Goeie Fee: “As jy jok of die waarheid knoei, sal jou neus groei. Almal sal weet, ’n haan sal kraai. Pinocchio! Jou neus het jou verraai!”