Publikasie: VIVA
Uitgawe: 21 September 1983

Mense word gruwelik mislei deur klavierstemmers en herbouers”. Só sterk spreek mnr. Wilfried Stolze hom uit oor die onreg in die klavierbedryf. Mnr Stolze is die eienaar van een van Pretoria se bekendste musiekwinkels.

Ons klavierherstellers het ‘n slegte naam gekry – en die publiek is ontevrede. n’ Mens kan hulle sekerlik nie kwalik neem nie want ons kry elke dag te doen met onprofessionele herstelwerk, klaviere wat stukkend verkoop word en waarborge wat heeltemal nutteloos is.”

Standaard

In Europa, waar ek vandaan kom, uit drie geslagte van klavierbouers, is dit ‘n ander saak. Die standard waaraan ‘n man moet voldoen voordat hy homself as klavierbouer kan uitgee, is baie hoog. Ons Suid Afrikaners moet nog geleer word waarna om te kyk voordat hulle ‘n nuwe of herboude klavier aankoop.”

Die aankoop van ‘n klavier is ‘n baie delikate onderwerp wat baie oorwegings inhou. ‘n klavier is soos ‘n vriend wat jy in jou huis innooi en waarmee jy vir die res van jou lewe in harmonie saamleef.

Waarna om te kyk by die aankoop van ‘n nuwe of herboude klavier : Maak die klavier eerstens heeltemal oop en kyk na die volgende:

Raamwerk

Dit kan vegelyk word met die skelet van ‘n mens.As ‘n been êrens gebreek is, kan die liggam nie regop staan nie en sy werk verrig nie. Die potyster moet nêrens gekraak of gebreek wees nie. Let veral op by die dun of swakker gedeeltes – dit is gewoonlik waar die raamwerk breek; self ‘n nuwe klavier kan hie ‘n fout hê.

Ysterrame, in die geval van nuwe klaviere , word egter deur die fabrieke gewaarborg.

Klankbord

Dit is die hout agter die snare, wat as klank –vibreerder dien, soos die luidsprekers van ‘n radiogram. As dié hout ‘n bars het, sal die klank nie suiwer vibreer nie, dit sal distorsie hé. Die reparasie van so ‘n bars in die hout moet baie kundig gedoen word. ‘n Dun strepie driehoekige hout moet perfek in die bars of kraak ingepas word.

Die Filt

Hierdie filt is van skaapwol gemaak en die klawers rus daarop. Motte is die grootste sondaars hier – hulle vreet die filt op. ,,Ek het al gesien hoedat filt vervang is met stukkies ozite matmateriaal – wat heeltemal verkeed is,” sé mnr. Stolze. Dit is raadsaam om ‘n sakkie mottegif in die klavier te plaas.

Die Snare

Hulle moet nie verroes wees nie. ..Veral by die kus of wanneer muise in die klavier nes gemaak het,” vertel mnr. Stolze.

Die hamers

Hulle moet nie afgesluit wees nie en kan tot R400 of meer kos om te vervang.

U as koper van ‘n nuwe of herboude klavier moet by die verkoper aandring dat u na hierdie punte kan kyk. Enige goeie handelaar sal u toelaat om seker te maak dat die instrument wat u koop, in goeie orde is.