Publikasie: Rekord Koerant
Uitgawe: 22 Julie 2016
Bladsy: 5
By: Stef Schuurman
Werner Stolze – Die Klavier Meester

My passie vir klaviere is al vir dekades lank in die rondte… Ek neem groot trots in my vakmanskap en sorg dat al my kliente verseker is daarvan dat hul die regte keuse gemaak het. Werner Stolze.

n Ware inspireerende storie kan vertel word van hoe Werner Stolze sy passie vir klaviere gekry het. Hy is die vierde generasie van sy wel bekende familie in die klavier industrie, reguit vanaf Duitsland. Werner het van kleintyd af groot geword met klaviere en is deur sy pa, die ene Wilfried Stolze, goed geleer en geskaaf in die fyn kuns. Nes sy pa is Werner vinnig oppad om self n legende in die veld te word. Elke klavier waaraan Werner werk, hetsy dit stem of herstel, word as deel van die familie beskou. Vir hom is dit nie net n klavier of n werk nie, dit is sy passie. Liefdevol, eerlik en opreg is hoe almal hom ken, n opregte familie man. Dus het hy ook n sagte plek in sy hart vir kinders en daarom gee hy spesiale aandag aan skole regoor Suid Afrika.

Op sy webblad stuur hy gereeld goeie wense aan student, hetsy dit te doen met akademie of musiek eksamens. Werner sorg dat met sy gawe hy vir elke kind op skool n lied in die hart kan gee en n huppel in hul stap, met die klanke van n goeie gestemde en onderhoude klavier. Geen werk is vir Werner te groot of te klein en hy sal tot die einde van dae gaan om elke klient te help. Werner het onlangs ook die voorreg gehad om oorsee te gaan werk aan klaviere in Europa en die Midde Ooste.

Hy het n magdom kennis verwerf en pas elke bietjie daarvan toe terug in sy tuisland. Die ambisie was al vir jare by Werner om sy eie opleidings sentrum te stig vir ander wat graag die unike kuns wil aanleer. In 2005 is hierdie droom bewaardig en hy het sy eerste vakleerling verkry. Met al die aandag en passie wat Werner in sy werk in sit, is dit geen verbasing dat hy self groot naam maak en goeie terugvoerings kry.

Enige klavier eienaar wat al met Werner te doene gehad het sal kan beaam dat hy enig in sy soort is, en dat sy werk van vyf ster gehalte is…